Salomo | |
---|---|
Koning van Israel | |
Salomo praat reg, 1617-skildery deur Peter Paul Rubens (1577–1640) | |
Dinastie | Huis van Dawid |
Bewind | ca. 970–931 v.C. |
Gebore | ca. 990 v.C. |
Jerusalem | |
Gesterf | ca. 931 v.C. |
Jerusalem | |
Jerusalem | |
Voorganger | Dawid |
Rehabeam | |
Opvolger | Rehabeam |
Gade | Naamah, 'n farao se dogter 700 vrouens van koninklike geboorte en 300 byvroue[1][2][3][4] |
Vader | Dawid |
Moeder | Batseba |
Salomo (Hebreeus: שלמה) was die vierde koning van Israel en 'n seun van koning Dawid en Batseba. Hy het op haar aandrang die troonopvolger van Dawid geword. Salomo het volgens Bybelse geskrifte van ongeveer 970 v.C. tot 930 v.C. geregeer en het ook volgens die Hebreeuse Bybel die eerste Joodse Tempel gebou.
Koning Salomo was lief vir baie uitlandse vrouens. Behalwe die dogter van die farao het hy ook vrouens uit die Moabiete, Ammoniete, Edomiete, Sidoniërs en Hetiete gehad.
Dit was die nasies waarvan die Here vir die Israeliete gesê het: "Julle mag nie met hulle omgaan nie, en julle mag nie toelaat dat hulle met julle omgaan nie, want hulle sal julle net verlei om hulle gode te aanbid." Salomo het egter juis op hierdie vrouens verlief geraak.
Hy het sewe honderd vrouens uit vorstelike families gehad, en ook nog drie honderd byvroue. Dit was sy vrouens wat hom verlei het.